S1E7_Demensie: Ondersteuning, versorging en die pad vorentoe - Gesprek met Adri Swiegers

In hierdie episode van Alle-Dinge-Groenkloof gesels Charl Collins met Adri Swiegers, maatskaplike werker, oor die emosionele en praktiese uitdagings wat families en versorgers ervaar ná ’n demensie-diagnose. Die gesprek fokus op ondersteuning, aanpassing en praktiese leiding vir families wat met demensie saamleef, asook ’n komende werkswinkel in George met ’n soortgelyke fokus.